
Bush Inn
Welkom by Bush Inn! Ons bied 'n verskeidenheid selfsorgverblyfopsies aan met gasvryheid as ons prioriteit. By Bush Inn is daar ook plek vir groter groepe soos skole, studente en kerke wat ons fasiliteite kan benut.
Karavaanpark Ons het 35 kampeer- en karavaanstaanplekke met kragpunte. Elke staanplek is toegerus met braaigeriewe en toegang tot moderne ablusieblokke en skoonmaakfasiliteite.
Selfsorg Eenhede Ons netjiese rondawel selfsorgeenhede bied die ideale verblyf vir diegene wat 'n rustige wegbreek soek.
Veiligheid Met 24-uur sekuriteitspatrollies is jou veiligheid gewaarborg.
Geriewe Bush Inn spog met swembaddens, kinderspeelplekke, en vele ander vermaak vir die hele gesin. Die park bied ook 'n fiksheidsentrum, 'n snoepwinkel en 'n grasdak lapa met spit- en braaigeriewe wat gehuur kan word.
Bush Inn is een van die beste gesinskaravaanparke in Gauteng, waar jy in pragtige groen omgewings kan kamp met uitsigte oor helder water en welige tuine.